Jy ontstaan baie lank gelede na ‘n skielike ineengestorte vulkaan Jou heuwels vorm in hierdie tregter twee konsentriese sirkels Jou een helfte is aan Dorob Nasionale Park blykbaar afgestaan Jou ander helfte sien ons in Tsiseb Konservatorium so dikwels [Chorus] In die nag lyk jou Melkweg en sterre soos ‘n verligte Hemelstraat Jou stilte en verlatenheid vorm vir die verlangende ‘n silwerdraad Wat ‘n wonderlike en verlate krater die moeite werd om te besoek Neem tog genoeg water saam en verwittig iemand van jou reisboek Vernoem na kaptein Messum wat jou in agtien ses en veertig ontdek Jou deursnee van agtien kilometers verbaas ons in onse Damaraland Die Goboboseb berge en Messum rivier jou oogskynlike aankondiger Duisende en meer Welwitchias groei by jou as ‘n uitsluitlike plant [Chorus] In die nag lyk jou Melkweg en sterre soos ‘n verligte Hemelstraat Jou stilte en verlatenheid vorm vir die verlangende ‘n silwerdraad Wat ‘n wonderlike en verlate krater die moeite werd om te besoek Neem tog genoeg water saam en verwittig iemand van jou reisboek Jou Korsmos vlaktes hier rondom bestaan uit Swamme en Seewier Benat ons hulle dan verhelder hul kleur en groei sommer ‘n spoor Hier kan jou reptiele, insekte, aas- en vleisvreters gedurig seeveer Jou Boesmankers brand en ons kan elke geluid so duidelik hoor [Outro] In die nag lyk jou Melkweg en sterre soos ‘n verligte Hemelstraat Jou stilte en verlatenheid vorm vir die verlangende ‘n silwerdraad