Maltahoe

Home
/
Gedigte
/
Maltahoe
👁 4 keer gelees

Maltahoe was ‘n heeltemal verlate plek met net die bouvalle van die sendingstasie met die taak om aan die distrik te voorsien In agtien nege en negentig ontdek Kaptein von Burgsdorf en Malta sy vrou ‘n watergat teen ‘n heuwel en sy roep: Dit is die Plek! [Chorus] Die dorpie Maltahoe, aan die Swartrand, het sy bestaan te danke aan die stigting van die poskantoor nog ongedaan Agtien nege en negentig begin Henning von Burgsdorff boor Vier en negentig putte en om transport roetes aan te spoor Huiwerig begin hul om geboue, huise en werkswinkels te bou Langs die Lewerrivier met die natuur wat ook probeer byhou Samuel Sahl vermoor Von Burgsdorff en versteek sy liggaam Totdat Von Kleist dit in ‘n grot vind en begrawe tog bedagsaam Digby is die Schwarzrand Plato en sy vele omringde berge Tsaris, Namgorab en Nubub berge jou onmiddellike grens Jou ou plattelandse Hotel as die oudste gelukgewens Duwisib se Von Wolf het jou kroeg gereeld hier kom terg Jou Karakul plaas Nomtsas van honderdduisend hektaar ‘n Lewensaar en die destydse kern van ‘n goeie wenspan Na goeie reen huisves jy ‘n agthonderd hektaar Lelie pan ‘n Week daarna verdwyn dit tot die volgende skrikkeljaar [Outro] Martha Beathe Louise ook beter bekend as Malta se Hoogte Beur geduldig nog teen hierdie wereld se versengende droogte Maltahoe – hier aan die Swartrand het sy bestaan nog te danke Aan al die insette en sweet van die destydse patriotiese pioniers

← Vorige Gedig

Messum Krater

Volgende Gedig →

Maltahoe – Duits