Kolmanskop

Home
/
Gedigte
/
Kolmanskop
👁 4 keer gelees

Teen jou duin se skuinste le ‘n spierwit erde bad Eens het diamante jou glorie basuin op ‘n voorblad Binne twee jaar herrys en floreer jy in die Sperrgebiet Slegs die tweede dorp wat straatligte saans kon bied Eertes met ‘n X-straal en Trem in hierdie dorre Suidland Elegante Duitse drie verdieping geboue teen sand bestand ‘n Ysfabriek, Bakkery, Skool, Danssaal, Gimnasium en Hospitaal ‘n Kasino, Kragstasie, Teater, Telefoonsentrale en Kegelbal saal Elke dag is ys en koeldrank vir elke koelkas getrou afgelewer Nuwe in gewaaide sand is uit jou strate gereeld verwyder Vanaf Duitsland is produksies gebring om jou te vermaak Jou swembad se water is vanaf Elizabethbaai baasgeraak Jou eerste diamant is in 1908 ontdek en baie gou is jy beset Jou spoorlyn na Luderitz vervoer duisende karaat in omset Jou Mynkaptein, Dokter en Kwartiermeester se huise as bewys Jou Spoorweg halte se naambord wat jou vandag nog prys Nou het die woestyn se sand skuurpapier jou glorie kom opeis Fotograwe floreer nou in wat jou sand hoeke en silhoeette uitwys Teen ‘n heuwel rus jy nou verlate en omtrent halfpad toegewaai Geen skool klok, afleweraar of sandveer sal weer by jou indraai Kolmanskop! – Kolmanskop! – Jy is om gedop

← Vorige Gedig

Goanikontes

Volgende Gedig →

Kolmanskuppe – Duits