Goanikontes

Home
/
Gedigte
/
Goanikontes
👁 4 keer gelees

As Oase is jy feitlik totaal geleë binne die Swakop rivier Jou unieke bure ook die bekende ronde Maanlandskap Jou Palmbome en Kameeldorings het hulle eie boodskap Jou klein negentien honderd en drie geboutjie staan nog so fier Goanikontes jy is ‘n pragtige oord en kamp wat op ons wag Hier tussen die Namib Naukluft en Dorob Nasionale Parke Drie staproetes met genoeg avonture wag op ons besoekers Ons natuurlike omgewing vervolmaak ons gasvryheid boonop Weggesink met ruwe rotswande en ook met klowe omring Jou twee Lister pompe salueer getrou die wye bloue lug Jou Kampeerplek en Restourant gereed en ook dienswillig Jou bouvalle van Weitzenberg ly ook aan vele ontbering Vêrder oos lê ook die Flintstones se reuse speelgoed Hoe naby wil Palmenhorst plaas dan nog aan jou staan Jou Springbokke en Koedoes wat ook soms hier tuisgaan Jou Boerbokke soek altyd groenerigheid in jou voorspoed Jou sement leivoor vertel aan ons ‘n moedige lewensverhaal Êrens pronk die eeue ou Welwitchia ook hier in jou gebied ‘n Volstruisplaas naby probeer ook sy dienste aan jou bied Jou voortbestaan word bedreig deur ‘n uraanmyn so finaal

← Vorige Gedig

Gibeon

Volgende Gedig →

Kolmanskop