Hier neffens die Visrivier en Weissrand lê en rus jy Jou stofstrate het ook vergeet ‘n teerpad gaan verby Jou stasie is verseker hier ook die vêrste geleë opsy Oupa Jan Brand was ook jou stasiemeester hierby Gibeon jou naam kom oorspronklik uit die Bybel uit Gibeon was ‘n belangrike stad met dapper vegters Jou geskiedenis is ryk aan sending ook hier begin Eerwaarde Knauer het die Namas probeer ontgin Nege-en-twintig jaar was eerwaarde Leonard bemin Boere van Warmbad tot Grootfontein deur hom besin Jou meteoriet reën lewer sewe-en-dertig stukke yster Oor die wêreld word die aanskouer hierdeur verbyster Op die voorpunt van die Namas se assegaai as puntyster Van die Zoo Park en Alte Feste nou êrens vasgekluister Jou slag van Gibeon in 1915 was een van die ergste nog Nege-en-vyftig sneuwel en krygsgevangenes in uittog Jou begraafplaas verhaal aan die hoofpad hierdie kruistog Persoonlik getuig baie hier het begin hul eie Pelgrimstog