Is jou Karakoel pelse nog jou kosbaarste diamand Is jou skaap plase deesdae nog so reusagtig groot Verlig Bondelsdam darem nog jou waternood Uiters warm en baie kere ook nog vreeslik koud [Chorus] Jou Groot Karasberg troon verseker dan noord! Jou Klein Karasberg se mis ‘n toevlugsoord! O Karasburg – hier kan die son hom maklik vererg! O Karasburg – Tog bly jy ons verlangende herberg! Vanaf Grunau tot so ver as die grenspos Ariamsvlei Van Noordoewer grens tot by Blydeverwag se rant Lewer jou preriegras aan jou diere die nodige proviand Onseepkans en Velloorsdrif word egter net deur gery [Chorus] Jou Groot Karasberg troon verseker dan noord! Jou Klein Karas berg se mis ‘n toevlugsoord! O Karasburg – hier kan die son hom maklik vererg! O Karasburg – Tog bly jy ons verlangende herberg! Jou Bondelswarts ontdek ook mos Warmbad se bron Swerf jou Kudus nog oor die draad die wereld rond Is jou Duiker, Steenbok en Klipspringer nog gesond Jag jou boere nog jou Jakkels en Rooikat as duiwels drek [Chorus] Jou Groot Karasberg troon verseker dan noord! Jou Klein Karas berg se mis ‘n toevlugsoord! O Karasburg – hier kan die son hom maklik vererg! O Karasburg – Tog bly jy ons verlangende herberg! Amper halfpad staan jy tussen Bloemfontein en Windhoek Hier vertel die Satco rivier en noodvliegveld hul eie storie Erens ook ‘n eindstryd in ‘n Klopperbeker se verlede glorie Jou stasie en spoorlyn wat ernstig na nuwe besigheid soek O Karasburg – hier kan die son hom maklik vererg! O Karasburg – Tog bly jy ons verlangende herberg!