Roem jy nog in jou driehoeke al die tyd Van Goue- tot Mielie- tot Otavi driehoek Volhard en oorwin roep jou gedenkboek Jou Otavifontein se borrel is nog nie uit [Chorus] Otavi – tog sal ons jou altyd bewonder Otavi – volgende keer bly ons bietjie langer Waar is al jou vroeer minnerale rykdom Khurab verkondig jou Duitse nederlaag Lewer jou besighede dit wat jy aanvra Jou bees- en wilds-plase is jou heiligdom Jou Otavi berg troon hoog na Grootfontein Verby Kombat en al die pad na Rietfontein Jy was die tuiste van ‘n goeie vriendin Arina ons sal jou die rus altyd hier gun Otavi vroeeer ons wegdraai na Oupa Daan Ook ons duimgooi in die weermag dae Otavi – vandag loop donkies in jou strate En jou stasie word bewoon deur vreemdes [Outro] Otavi – tog sal ons jou altyd bewonder Otavi – volgende keer bly ons bietjie langer