Op ‘n landkaart vertoon jy amper slegs as ‘n baie klein kol Alle paaie loop uit verskeie rigtings onvermydelik by jou verby Wanneer die reen jou omgewing in seisoen met groen inwy Verander jou driedoringbos en so ook elke eens vaal graspol In negentien nege ontvang jy ook ‘n spoorwegstasie vir die nasie Al wat ons egter nou nog sien is ‘n verlate spoor en ‘n naambord Jou goedere word nou per pad oraloor hierheen getransport As gehuggie is jou inwoners ‘n besliste deel van jou fondasie In die verte sien ons jou Karasberge se lyne en beskeie begin Jy rus hier in die Gamchab vallei met jou droe Gamchabrivier By Karasburg en Stinkdoring brand darem nog ‘n kampvuur By Grootplaas en Klein Karas word buurmanskap jou gegun In jou noordelike heuwels staan jou Kokerboom en Aalwyn Jou Karakul skape en Klein wild bewandel jou wye en oop veld As winterreenstreek met sporadiese sneeu ook al vermeld Jou sterrehemel lewer die mooiste beelde in die maanskyn Ver oos waak die rooi Kalahari woestyn oor jou met jaloersheid Jou naam Groen Weiland handhaaf in reentyd dit gestand Jou gesoleerde plaasbewoners doen nie maklik van jou afstand Ver wes beskut die Namib woestyn jou met ‘n verbete vasbyt