Kuiseb Canyon

Home
/
Gedigte
/
Kuiseb Canyon
👁 5 keer gelees

Vanuit die Khomas Hochland vloei die Kuiseb rivier wat jou vorm Deur die mooie Gamsberg en begin jy net na die rivier se lae brug Tot verby die Naukluft Park vorm jou ravyne ‘n pragtige boggelrug Vanaf Carp se uitkykpunt en rots pryk die Kuiseb Canyon so enorm [Chorus] Gedurende ‘n uitstekende reenSeisoen bars jy dwarsdeur die Namib En verras die Soutpanne tot waar jy stilletjies in die Strandmeer inglip Saans verander jou rante na oranje soos die son in die weste sak Die Klipspringer, Luiperd, Jakkals en Hiena wandel in jou wye gange Een van die min onontdekte Canyons nog in die wereld aangepak Jou rye en rye lyne verkondig die verlatenheid en jou diep verlange [Chorus] Gedurende ‘n uitstekende reenSeisoen bars jy dwarsdeur die Namib En verras die Soutpanne tot waar jy stilletjies in die Strandmeer inglip Vir ongeveer twee jaar kruip twee Duitsers weg in jou eensaamheid Om die Tweede Wereldoorlog te ontvlug en hier afgesonder te rus So vloei jou Kuiseb rivier dan tot by Homeb en sink dan doelbewus Onderdeur die Namib en borrel uit by Wortel en Rooibank as ‘n feit [Outro] En verras die Soutpanne tot waar jy stilletjies in die Strandmeer inglip

← Vorige Gedig

Otjikoto Meer

Volgende Gedig →

Grunau