Helmeringhausen

Home
/
Gedigte
/
Helmeringhausen
👁 3 keer gelees

‘n Duitse soldaat van die Schutztruppe vind jou As ‘n tienduisend hektaar plaas om lank te onthou Vernoem na sy tuisdorp in die verre Duitsland Beproef hy Karakoel skape as ‘n swart diamant Helmeringhausen een straat dorpie in die suidweste Jy verras ook elke besoeker gou met jou gasvryheid Helmeringhausen jou enkel teerstraat in skrille kontras Jy kruip blitsig onder enige besoeker en gaste se vel in Geen munisipaliteit maak jou besonders en uniek Slegs jou paaie behoort aan die Staats politiek Noord van Goageb en tagtig kilometer van Bethanie Wes van Berseba en oos van Luderitz se ponie Jou hoofstraat huisves ‘n vulstasie asook ‘n Hotel ‘n Winkel en ‘n opelug landboumuseum wat tel Oor Maltahoe, Solitaire en tot by Walvisbaai Rustig langs die Konkiep rivier sonder lawaai Salig onder die koelte bome van jou padkafee Ook spog jy met ‘n vliegveld verder noord gelee Nou is jou hoofstraat uiteindelik ook geteer Jou gaste verwonder hulle oor hoe jy presteer

← Vorige Gedig

Grunau

Volgende Gedig →

Helmeringhausen – Duits