Grootfontein

Home
/
Gedigte
/
Grootfontein
👁 5 keer gelees

Hoe Groot is dan jou oorspronklike fontein Maak Berg Aukas darem nou al ‘n fortuin Hoeveel soorte pers is daar in jou Jakarandas Hoe hoog troon jou palms en suurgras Amper die Dorsland trekkers se Republiek Jou Fort nog ‘n deel van hierdie simboliek Tsumkwe vertel jou storie van die Boesmans Verby Abenab oppad na Rundu se hoof mans Jou smal spoorlyn vanaf Usakos is lankal vergeet Vader tyd en korrosie het dit boonop weg gevreet Jou bekende skadu’s sak oor ‘n kleurvolle dorp Die Noord ooste se pragtigste tuin- en grens dorp Jou destydse weermag dae nou reeds onbekend Unieke ondergrondse lughawe nou ontoereikend Vele troepe se eerste kennismaking met die Grensoorlog Hoeveel moederharte het jy destyds diep gekwes Oupa Daan en ouma Drien ons vakansie besoek Jou swembad en bioskoop het ons pal ondersoek Jou wit poeier strate en klimaat ‘n mielie driehoek Hoba vertel almal hy is die wêreld se swaarste meteoriet Al jou beste herinneringe salueer ons dan vandag In baie mense se harte is jy hulle sterkste polsslag! Grootfontein! — Grootfontein! Jou Jakarandas is jou mooiste pers gordyn!

← Vorige Gedig

Gobabis

Volgende Gedig →

Okahandja