Plat kameeldoringbome jou skadu se kenmerk Kaiser Krone jou bekende majestueuse seelmerk Jou bree Okahandja rivier wat strek oor wit sand In jou koelte kom ons tot ‘n verdiende stilstand Verby die Reit Klub tot jou dieretuin nou vergeet Nuuskierig wou ons alles van elke dier toe weet Gross-Barmen se verrykende mineraal warm water Hoe baie moes ons na Windhoek ry vir die inryteater Jou water gelewer van die nabye Von Bach dam Die beste beeste, wild en skape tot by die boklam Gee my tog nou van jou Karoo en Kloswa se biltong Hierdie grond lewer maklik die land se beste boerklong Die Boekwinkel van Trompie verseker al die nodige skryfbehoeftes Die Portugees se winkel met sy vis en chips was ‘n fees Gabriel se Winkel was bekend hier in die midde dorp Stap jy in is daar die diep reuke en geure van nat grond Die winkel van gesondheid uit die grond uit met vars groente Elke oggend voor skool, was die eerste stop die Backerei Vir die vars skuimpies en die beste Meat pies en ‘n Oliebol Oom Kosie se PDK Winkel was ons grootste inkopie Mall Von Bach Dam se inwoners ‘n nasie met hul eie kultuur Okahandja se Stadsaal die plek met die pragtigste houtvloere Vir altyd sal jou nommerplaat SH vir ons wat ver is bly Geseen is dan nou al jou mense wat nog in jou agterbly! Okahandja! Ons salueer jou vandag met hierdie ou lied! Okahandja! Ontvang vandag wat ons harte jou aanbied!