Gobabis

Home
/
Gedigte
/
Gobabis
👁 3 keer gelees

Kyk ons na die oosterkim en die Swart Nossob Vertel jou bome ‘n prag storie in elke saadlob Klein Texas se boere met hul hoede welbekend Jou sand rugbyveld jare gelede opspraakwekkend Gobabis – Mag jou beskeie bydrae hoog uittroon Gobabis – Jy verdien vir jou diens ‘n silwer kroon! Jan Ellis jou bekendste sportheld van weleer Sal ons jou dan nie vandag jou weer salueer Jou koel poele bied lafenis aan mens en dier Jou stoetbeeste en vee Suidwes se beste gier Ons rugby dae met tannies en sambrele wat jou waks As jy hulle seuns net ‘n bietjie te hard grond toe bring Wennie Dup het baie bekende rugbyspelers opgelewer Nou is jou Trans Kalahari Hoofweg jou eie lewensaar Gobabis! Mag jou beskeie bydrae hoog uit-troon Gobabis! Jou registrasie is nog Es Ex waar ons woon

← Vorige Gedig

Otjiwarongo – Duits

Volgende Gedig →

Grootfontein