,

Aroab

Home
/
Gedigte
/
Aroab
👁 8 keer gelees

Op die rant van die verre Kalahari woestyn

Omring deur pers rantjies en oranjerooi duin

Vorm Herr Blaauw en Oppermann se gronddam

Se hewige gestry nou Aroab en Streitdamm

Van Keetmans verby Nunaib se kop en Grosse Aub

Van Karasburg verby Kameelhaarfontein se skaap

Van Koës verby jou oor die grens na Rietfontein

Loop jou Bees en Bok en Skaap oor menige duin

Jou Koöperasie, Abattoir en Slaghuis gedy

Jou vier skole en vliegveld so toegewy

Jou gruispaaie kom uit vier rigtings bymekaar

Verby duine en duwweltjie velde deurmekaar

Jou Kudu, Gemsbok en Springbok regop en fier

Jou Dorper, Damara, en Karakul in volle swier

Jou Nguni, Bonsmara en Brahman ‘n skou se droom

Jou mense en rooi duine wat alles mooi omsoom

← Vorige Gedig

Rooikop

Volgende Gedig →

Aus