,

Aus

Home
/
Gedigte
/
Aus
👁 12 keer gelees

Versink en omring in die voue van jou baie kliprante

Noord en suid deur die Dicker Wilhelm en die Omega

Op die rug van jou Huib Hoch Plato gedui jy in jou liga

Die Aus en klein Aus bring soveel verlangende kalmte

Jou uitgestrektheid bring vrede en rus vir ‘n moeë siel

Jou sonsondergange en oneindigheid wat ons só besiel

Jou Kirche se toring wat waghou oor jou spoorlyn

Jou rooi baksteen stasie gebou en sink goedereloods

Verhaal tog Rosh Pinah se vervoer van sink so groots

Jou rooi trappies lei na Bahnhof Hotel se samesyn

Van Seeheim en Goageb verby tot die mooie Lüderitz

Van Rosh Pinah tot Helmeringhausen word rondgerits

Jou bekende wilde stoet perre van Baron von Wolf

Wat elke vyfde dag water benodig by Garub se pan

Sien ons Gemsbokke en Springbokke so dan en wan

Ook Haaswater se singende klippe so pragtig uitgedolf

Jou Duitse grafte is netjies in vierkante en duidelik gekruis

Jou murasies van gevangenis se gedenksteen wat vinger wys

Jou Duitse naam vir ‘n woestyn dorp beteken dan “uit”

Jou nuwe spoorlyn vervul ‘n profesie lank gelede besluit

← Vorige Gedig

Aroab

Volgende Gedig →

Bethanie