Rooikop

Home
/
Gedigte
/
Rooikop
👁 6 keer gelees

Hoeveel troepe is deur jou vinnig groot gemaak Hoeveel balsakke en uitrusting is hier pasgemaak Hoeveel jong seuns het manne vanaf hier geraak Hoeveel sweet en trane het duin sewe bewaak 2 SAI Bataljon jou trotse weermag gewese glorie Rooikop berg se onbekende rivier ‘n fluisterstorie Jou geheime Vloot bunker ‘n paar vloere verdiep Jou Lugmag basis se asfalt aanloopbaan enkeldiep Jou Ratels, Tenks en Samils deur getroue Tiffies herstel Jou Komops antennas verbind aan vele radiotoestel Jou Barakke en skietbaan vertel sy eie vasbyt verhaal Jou ou manne salueer vandag jou verlede nou lojaal Rooikop – Aftjop – Klipkop – Uitklop – Paroondop – Hardekop – Bossiekop – Plofkop – Kaalkop – Koelkop – Vaskop – Rooikop!

← Vorige Gedig

Aranos

Volgende Gedig →

Aroab