Otjikoto Meer

Home
/
Gedigte
/
Otjikoto Meer
👁 4 keer gelees

Net jou suster Guinas twintig kilo’s verder is groter en dieper as jy Die San roep jou lelik terwyl die Herero jou roep die groot gat Net twintig kilometer wes van Tsumeb pronk jy in my Heimat Gevorm soos ‘n onderstebo sampioen in ‘n dolomiet galery [Chorus] Otjikoto! – Hier rus Johannes Stephanus Cook Hier gaan swem en verdrink en is nooit gevind Die legende se Kyle se enkel het aan ‘n kanon vas gehaak Nou patrolleer hy en is sy werk om die toeriste skrik te maak! In agtien een en vyftig ontdek sir Francois Galton en Charles Anderson jou Met die Schutztruppe wat in negentien vyftien kanonne in jou weg gooi Die Duikers wat jou nou verken met oorlogs items nog oral bestrooi In Tsumeb se museum kan ons nog jou kanonne ook gaan beskou Otjikoto! – Die wonder dat by jou ‘n besondere vis rondswem Ons sal in die toekoms nog verbaas word waar oral jy verbind is Tussen sestig en honderd meter diep skuil ook ‘n groot geheim Waar presies is die ses miljoen goue mark dan tog weggesteek!

← Vorige Gedig

Kalkfeld

Volgende Gedig →

Kuiseb Canyon