Kalkfeld

Home
/
Gedigte
/
Kalkfeld
👁 5 keer gelees

‘n Klein dorpie hier halfpad tussen, Omaruru en Otjiewarongo Hardloop ‘n Dik-Dikkie, Steenbok en ook nog ‘n skaars ietermago Die belangrikke vervoermiddel hier rond, is jou bekende donkiekar ‘n Handelaar, Poskantoor, en ‘n Petrol- en Polisiestasie is ook daar Op jou grondpad in sewe en sestig, soek ons verbete ‘n Tarentaal Ons bly in ‘n Sinkhuisie by die Spoorwegstasie, met net een sinjaal Oos op Otjihaenamparero wandel, ‘n drietoon voel ook nog tevore Nou vertoon die bergrant honderd en sewentig dinosourus spore Jou bekende witkalk klip en reuse wit miershope bekoor ons Jou ruim grasvlakte en Kameeldorings en ook nog Adoons Pragtige Kudu en Gemsbok horings teen jou mure as kroon Jou wildplase se heinings wat nog steeds hoog uittroon Kalkfeld! Sandveld! Jagveld! Weiveld! Bokveld! Brakveld! Suurveld! Kalkfeld Bo!

← Vorige Gedig

Slag van Kub – Duits

Volgende Gedig →

Otjikoto Meer