In negentien ses-en-sestig word jy die Hoof van Operasies Die SA Republiek se Weermag vestig jou as sy hoof Basis As die tweede grootste stad is jy bepaal deur ‘n sensus Geografies die hoofstad van die noordelike Ovamboland [Chorus] Oshakati – Oshakati – Oshivambo se tussenin Oshakati – Oshakati – Ovamboland se hoofstad Jou Makalani Palms het hier rondom jou oorgeneem Jou Mopani wurm kom voor in elke Buitelug Mark Jy spog met Winkelsentrums en selfs ‘n Sportpark Hoeveel Kampusse en Skole wil jy nog onderneem Jou naam in Oshivambo beteken Wat tussenin is Party reken dit kan na die hoogste toring verwys Jou Oshonas se watervore wat alles rondom kruis Jou Cuca winkels en Donkie karre wat niks hier mis Jou inwonertal groei tans die vinnigste in die land Jou handel met Angola lok buitelandse erkenning Jou drywers kort egter meer bestuursondervinding Dalk onttroon jy nog Windhoek hier in die Noordwes