Die Duitsers verklaar jou verbode en ook Sperrgebiedt Negentien ses en dertig ontdek Hans jou spoeldiamant Duits vir Oranje se Mond hier aan die Namibiese kant Die Oranjerivier skenk sy stene verniet vir jou krediet [Chorus] Oranjemund – hier in die mees suidwestelike hoek Een van die wereld se vernaamste diamant myngroep In negentien vier en veertig verrys tot werkers se krediet Verbou jou eie groente en blomme in hierdie dorre gebied In die wereld bestempel as die mees rykste spoel gebied Kry gratis plaaslike oproepe – water en elektriese krag Gemsbokke en Jakkelse kan ons in jou strate verwag Groen grasperke, parke en hoe skadubome verniet Die Oppenheimer brug verbind jou met Alexanderbaai Jou nuwe pad oor Rosh Pinah vreeslik lank voor gewag Een winkelkompleks, hospitaal en skool nou op ‘n slag In jou oerwoud bos het kinders lank koning gekraai Jy huisves ‘n indrukwekkende voertuig begraafplaas Goue muntstukke van vierhonderd jaar ook al ontdek Jou sekuriteit met kameras wat oor alles en almal strek Jou diamante in die duinsand wagtend op ‘n nuwe baas