Eers glo Anis genoem deur die Namas van Swartbooi In agtien sewentig na Rehoboth verander deur ‘n Rynse sendeling Beteken nou Spasie na jul migrasie en vorige vrymaking Nooit ‘n Kleurling! – altyd ‘n Rehoboth Baster Khoi-Khoi [Chorus] Hoera vir onse Rehoboth waar ligte van karre brand tot in Windhoek Ons salueer jou vandag vir die waarde wat jou gemeenskap bring Om ons land ‘n beter plek te kan maak vir elkeen wat hier woon In agtien agt en sestig trek dan ook drie honderd drie en dertig Basters uit die destydse verre suidelike Kaapkolonie na jou Vestig julself by Warmbronne en ‘n reuse Kameeldoring woud Verdeel jul in blokke van A tot G en vermeerder duisendvoud Noord van die Steenbokskeerkring woon jul nou in harmonie Boerdery bestaan uit Bees en Skaap in hierdie digte grasvlakte Van die beste Messelaars bewys deur verskeie landwye huise Kaptein Hermanus van Wyk vorm deel van jou ou vormingswyse Twee vroeer rebelies vestig jou gebiet en lewer jou titel akte Wonder of jou Kaptein Boom nog enigsins darem bestaan Nou voed jou Oanob Dam ses kilometer wes jou lewensaar Jou Reo-Spa verfris sy besoekers en gaste nog aanmekaar Beslis die Kapteinsraad nog oor jou toekoms en voortbestaan