In die agtien-honderds word jy in Halberstadt geproduseer Daarna word jy uit Hamburg na Walvisbaai geadresseer Luitenant Edmund Troost probeer jou na Swakop lanseer Drie maande se water en sand kon die reis toe nie keer [Chorus] Hierdie Martin Luther is ‘n stoom trekker nou verlate Vier kilometer buite Swakopmund gelos sonder genade Die leuse oor jou se: Hier staan ek – Mag God my help! Ek kan nie anders nie – wie sal jou nou ooit weer uithelp! As Stoomtrekker en drie nuwe waens moet jy hulp verleen Na Nonidas en Heigamgab die transport ook nog rugsteun Runderpes laat Majoor Leutwein die eerste spoorlyn bou Jy moet glo dadelik terug na Duitsland want jy is stokflou [Chorus] Hierdie Martin Luther is ‘n stoom trekker nou verlate Vier kilometer buite Swakopmund gelos sonder genade Die leuse oor jou se: Hier staan ek – Mag God my help! Ek kan nie anders nie – wie sal jou nou ooit weer uithelp! Swakoprivier se vloed steek egter ‘n stokkie daarvoor ‘n Dronk drywer oorverhit jou ketel het ons ook gehoor Oor die laaste honderd jaar is jy darem al vele kere herstel Hier op die laaste tot ‘n steen gebou as troos bekendgestel [Chorus] Hierdie Martin Luther is ‘n stoom trekker nou verlate Vier kilometer buite Swakopmund gelos sonder genade Die leuse oor jou se: Hier staan ek – Mag God my help! Ek kan nie anders nie – wie sal jou nou ooit weer uithelp!