Sesriem Canyon

Home
/
Gedigte
/
Sesriem Canyon
👁 5 keer gelees

Die Dorslandtrekker moes ses Gemsbok rieme laat afsak Om koel helder skoon lewegewende water na bo te hys In die Tsauchab rivier slegs met ‘n drie meter hemeldak ‘n Kilometer lank en dertig meter diep le jou kloof paleis [Chorus] Sesriem! – jy is omtrent weggesteek net links na Sossusvlei se toegangshek Sesriem! – jy is ‘n wonderwerk sowaar Onder die aardkors wag ‘n meesterstuk Suid van die Naukluft berge sink jy net skielike weg Oos van die Sossusvlei vorm jy altyd ‘n goeie begin Party warm lugbalonne sweef loodreg hoog oor jou Jy lewer die mooiste goudbruin sonsondergange Onder in die droe loop soek ons erens na ‘n nat kol Waar altyd permanent ‘n bietjie water mos wegkruip Jy is so uniek en ongewoon hier diep onder uitgehol Jou Vy en Kameeldoring bome soek diep om vas te gryp [Outro] Jou Gemsbok, Springbok en Volstruis kleur jou pragtig in Jou besoekers praat graag aan mekaar oor jou in elke sin O! Sesriem! Jy slaan my asem nog elke keer heeltemal weg! O! Sesriem! Jou prag en praal kombineer jou uniekheid!

← Vorige Gedig

Martin Luther

Volgende Gedig →

Gross Barmen