Heel eerste Otjikango genoem wat die ‘Groot Fontein’ beteken Eerwaardes Hahn en Klein-Schmidt orden dit in agtien vier-en-veertig Wes van Okahandja geleë en ook bekend as die Baie Warm Bron Tot negentien honderd en vier ‘n Rynse sendingstasie as hulpbron Hier teen die oewer van die Swakop rivier is jy in volle swier Groen grasperke en vele Palmbome waar baie kom feesvier Stap roetes en ‘n grond dam met stringe voëls om na te kyk Akkommodasie met tennis bane en speel parke wat pryk Jou naam is verleen van Barmen in die verre Duitsland In agtien vyftig loop jou ‘Alter Bia-weg’ tot by Walvis se sand Jou Polisie stasie en sending murasie toe die slot gesang Jou Handels pad word in negentien honderd met ‘n spoorlyn vervang In negentien sewe-en-sewentig word jy opgesmuk en verander in ‘n swaan Uit jou tweeduisend vyfhonderd meter diepe bron wat eeue al bestaan Vloei vyf en sestig grade hitte terminale genesing vir menige se kwaal Ook geheet die ‘Dokter’ van rumatiek in jou binnehuis se groot saal Nou pik ons ‘n traan omrede jy eenkant verwaarloos staan Dalk red iemand jou vergete glorie wel eens hier bestaan! Gross Barmen – Ons Baie Warm Bron! Gross Barmen – Dalk herrys jy op die horison!