Mariental

Home
/
Gedigte
/
Mariental
👁 5 keer gelees

Die Duitser Hermann Brandt het jou as plaas gekoop Jou toe vernoem na sy vrou Anna Marie Mahler Jou besproeiing skema lui tot die Hardap se bou Jou Visrivier eindig in die Visrivier-canyon en Oranje [Chorus] Mariental o Mariental Hoeveel Karakul gebreide pelse kon jy uitstal Mariental o Mariental Jy is in rerig in die middel van die heelal Stampriet, Aranos en Gochas roep uit die ooste Maltahoe, Gibeon en Brukkaros jou geliefkoosde Hoeveel hotelle is nog oor in Kalkrand en Asab Hoeveel kilometers strek jou Plato van Weissrand [Chorus] Mariental o Mariental Hoeveel Karakul gebreide pelse kon jy uitstal Mariental o Mariental Jy is in rerig in die middel van die heelal Jou rollende rooi Kalahari duine vertel vir my Van Springbokke waar jy dit nerens groter kry Jou Karakul skape beter bekend as swart goud Vir baie jare was dit jou unieke selfbehoud [Chorus] Mariental o Mariental Hoeveel Karakul gebreide pelse kon jy uitstal Mariental o Mariental Jy is in rerig in die middel van die heelal Wanneer sal Brukkaros dan weer uitbars Waar die son jou fel kan brand dat dit bars! Mariental o Mariental Jy is in rerig in die middel van die heelal

← Vorige Gedig

Okahandja

Volgende Gedig →

Outjo