Jy is al genoem Boabab, Onderstebo-boom, en die Aap-brood boom Jou takke kruip mos weg en jou wortels, wys soos vingers opwaarts In Madagaskar, Australie en Afrika roep, jou beeld hemelwaarts Tot duisend jaar of meer oud, word hierdie Metusalem so vroom [Chorus] Jou groot wit blomme maak snags oop, en vorm ‘n vrug ‘n meter lank Jou vele meeldrade hang aan stingels, soos ‘n pragtige sprokieslantern Jou houtagtige vrug verberg jou saad, en is ‘n smaaklike pulp as kern Jou menigte eters verorber die kremetart, gegeurde vrug al jare lank Jou waterreservoir hou tot honderd duisend liter, sonder om eers te lek Jou takke is dertig meter hoog en jou stam, is ses en twintig meter breed Binne Outapi se stam pas vyf en dertig mense, as ‘n gewese oorlogskreet Hierdie uitgeholde stam was al ‘n Poskantoor, ‘n Kerk en ook wegkruipplek [Chorus] Jou groot wit blomme maak snags oop, en vorm ‘n vrug ‘n meter lank Jou vele meeldrade hang aan stingels, soos ‘n pragtige sprokieslantern Jou houtagtige vrug verberg jou saad, en is ‘n smaaklike pulp as kern Jou menigte eters verorber die kremetart, gegeurde vrug al jare lank Om ‘n Kremetart dood te wil maak, sit nie in enige ou se broek nie Jy kan hom brand of sy bas afstroop, hy vorm nuwe bas en bly groei. Die voels maak nes in jou takke, en bobbejane eet jou lekker vrugte, Nagapies en vrugtevlermuise, drink jou nektar en bevrug jou blomme. Jy hou van warm dorre streke en groei, in sanderige en klipperige grond. Jy word al sedert negentien twee en veertig, deur wetgewing beskerm. As jy doodgaan verrot jy en stort in duie, en los net ‘n hoop vesel agter. Daarom glo baie mense dat jy nie doodgaan nie, maar slegs verdwyn [Chorus] Jou groot wit blomme maak snags oop, en vorm ‘n vrug ‘n meter lank Jou vele meeldrade hang aan stingels, soos ‘n pragtige sprokieslantern Jou houtagtige vrug verberg jou saad, en is ‘n smaaklike pulp as kern Jou menigte eters verorber die kremetart, gegeurde vrug al jare lank