Vir ‘n sakkie Boxer twak ruil ons lekker Narra pitte Dit smaak Na verby – hierdie unieke Botter pitte In die hele wye wereld kom julle net hierso voor Is julle as ‘n komkommer of spanspek opgespoor Van binne oranje en van buite vlekke van groen Geen blare net takke en dorings die hele seisoen Geel manlike asook vroulike blomme in bloeisel Twee keer ‘n jaar word julle getrou geoes tog wel In die Kuiseb se vallei tot so ver as Sossusvlei Groei jul wortels diep deur duine moeitevry Jul pitte gedroog en gerooster as ‘n lekkerny Jul vlees gedroog as vrugte rol en uitgesprei Vir die Topnaars is jul onmisbaar as ‘n lewenslyn Jul wortels word as medisyne gebruik teen pyn Jul soet smaak vergete wanneer ons mondhoeke bewe In jul skuil ‘n goudmyn as jul eienaars opreg sou strewe