Voor die Erongo berge lê jy in jou volle glorie swier
Verby die Groot Rooiberge en noord van Usakos
Ses keer kruis ons die lope van die Khan rivier
In 1864 was jy mos ‘n Reinse sendelingpos
Jou reuse albaster rotse balanseer hoog uit
Jou Olifants’ kop sonder ore troon reusagtig
Jou Bull’s Party is gevorm deur Vaders’ tyd
Jou Phillips hang grot ‘n uur se klim rotsagtig
Na ‘n welkome neerslag silhoeët jy in ‘n waterpoel
Jou gekruiste Zedonk laat my oë knip en skaterlag
Jou Kanniedood klim rots en het hom vasgewoel
Jou Dassie en Koggelmander oorleef die Arends’ jag
Jou unieke kunswerke laat ons weer en weer terugkeer
Jou asem snak tonele het ons gedagtes hier vasgekeer
← Vorige Gedig
Kremetart
Volgende Gedig →
Grensoorlog
