Kokerboom

Home
/
Gedigte
/
Kokerboom
👁 4 keer gelees

Jou roset van takke en blare wys vinger op hemelwaarts Jou naam verkondig die houers is vir Pyle gedra rugwaarts Jou uitgeholde stam dien in die versengende hitte as koelkas Jou pulp word gekou as water verkry agter die dik boombas Jy floreer teen rante en Canyons en by ‘n warm en droe adres Jy is bekend in die Namakwaland en die suide van Suidwes Jy roem ook as ‘n woud tog vind ons jou ook alleen en oral Jy word bestuif deur die dwarrel woestyn wind duiwels veral Jou manlike bome word uitgeken aan ‘n helder geel blom Tussen 20 en 30 jaar verskyn die eerste keer jou knop se blom Jou vroulike bome bestaan uit ligte rooi keels en kolle groen Tussen 200 en 300 jaar eindig jou plantlewe en laaste seisoen Die Vink bou in die hoogste deel van jou tak sy reuse nes Waar die Slang en die Jakkals sukkel met hul gewraakte moles Jou mooi goudgeel bas en gevurkte tak en dik groen blaar Gebruik wit poeieragtige stof vir die son so ongenaakbaar In 1865 maak Simon van der Stel reeds van jou melding In sy noordelike soeke na Koper misken hy jou veredeling Jy reflekteer die seisoen se verandering meer as enige plant Jy verteenwoordig die hart en mooiste deel van ons land

← Vorige Gedig

Echoes of the Bush War

Volgende Gedig →

Kocherbaum