Keetmanshoop

Home
/
Gedigte
/
Keetmanshoop
👁 4 keer gelees

Is jy dan nog die Hoofstad van die suider Hinterland Sal jou somer son nie dalk eendag alles hier verbrand Eers Swartmodder genoem hier naby die Skaaprivier Staan jou 18 vyf en negentig sendelings kerk nog in swier Die diep harts verlangende Hoop van Johann Keetman Menere Schreuder en Fensel jou eie eerste stuurman Duisend meter bo seespieel staan jou unieke Kokerboom Jou Reuse Speel grond se gestapelde klippe so ewe vroom Bring die Lowen deur die Naute nog genoeg water vir die Vis Wie kan en gaan vandag dan roem as jou ywerigste Aktivis Om geval het jou Mukurob Vinger van God by Asab verby Berseba hou wag by die stille Vulkaan Brukkaros hier naby Aroab en Koes verdedig so graag jou Oosterlike landslyn Seeheim, Goageb verby Bethanie na die grafte van Mooifontein Johanniter haus, Schutzenhaus, spoor stasie en die Ou Poskantoor Verkondig Duitse geboue meesterstukke deur vasbyt aangevoor Mag jou Kokerboom se silhoeët dan op die kim pragtig vertoon Jou rype geskiedenis deur sy harts mense het jou guns beloon Die Hoop van Johann Keetman! – Die Suide se groot man! Jou mense is jou beste bate! – Nooit ooit nog Gods verlate! Darem nie meer Swartmodder! – nou jubel Keetmanshoop! Darem nie meer Swartmodder! – nou jubel Keetmanshoop!

← Vorige Gedig

Outjo

Volgende Gedig →

Luderitzbucht