Damaraland

Home
/
Gedigte
/
Damaraland
👁 5 keer gelees

Jou massiewe graniet koppies wat vinger wys Jou ongerepte oop grasvlaktes wat sy diere prys Hoe majestueus en uitdagend en onbeskaaf sluier jy Hoe kronkel jou oer water roetes hier oral verby Rofweg is jou noordelike grens nog steeds Ovamboland Met die pragtige Namib Woestyn jou westelike buurman. Jou oostelike grens is die mooi en rooi Kalahari woestyn En suid is die hoofstad Windhoek jou verste lyn Jou Damara Herero en Riemvasmakers het gebly Jou Woestyn Olifant Swart Renoster en Kameelperd Saam met die Volstruis en Springbok die water ekspert Jou bekende bakens en landmerke loop jou ver vooruit Jou Brandberg Spitzkoppe en Ameib roep net vryheid Jou Twyfelfontein Orrelpype en Versteende woud Jou Vingerklip Kraters en Verbrande berg pure goud D.Botes 14-12-2013

← Vorige Gedig

Daan Viljoen

Volgende Gedig →

Dordabis