Daan Viljoen

Home
/
Gedigte
/
Daan Viljoen
👁 6 keer gelees

Hier tussen die rante van die Khomas Hochland is jy gesaai Die Augeigas dam ook die as waarom alles hier by jou draai Oop deur die jaar van sonop tot die son weer na die weste sak Ons ry twintig kilo’s wes vanaf Windhoek om by jou uit te pak Amptelik is jy ook sommer Suidwes se kleinste wildpark Jy is vernoem na n ou Administrateur wat jou bemark Hoe heerlik het ons vir baie jare ontspan by jou swembad Jou Kiosk se koeldrank en roomys ook baie kere ons debat Meer as twee honderd voels spesies kies jou as hulle heimat Jou wildsbokke nooi ons om in wandel paaie koers te vat Jou rondawels is pragtig opgestel rondom jou sentrale dam Van al die soorte en tipes van Doringbome kom by jou voor Jou staproetes bring rustigheid en genot na ons onverstoord In ons gedagtes geniet ons nou weer alles van Daan Viljoen Die besbewaarde rusplek naby Windhoek deur alle seisoen Dankie dan ook vir al die jare wat ons by jou kon kom asem skep D.Botes 7-12-2013

← Vorige Gedig

Die Legende des Brandbergs

Volgende Gedig →

Damaraland