Rundu

Home
/
Gedigte
/
Rundu
👁 4 keer gelees

In negentien ses en dertig ontstaan die Plek van hoe grond Teen die pragtige Okavango rivier met die wit sand Jou subtropiese klimaat uitstekend vir elke plant In Kavango land is jy die hoofstad in die noordfront [Chorus] Rundu jou status is onlangs na die van dorp verander Jou blink toekoms is nou die verlede se teenstander Gewese hoofkwartier van die berugte drie twee Bataljon Lugmagbasis met Mirages en Migs gedurig in ‘n wedvlug Ook vir dertien Honoris Crux medaljes destyds oraloor berug Met Unita se Ivoor en Diamante as gereelde betaling koepon Nou is jy meer ‘n deurtog na die Caprivi en Angola Jou houtsnee werk word darem in jou ope mark uitgestal Nou met baie opleidingsfasiliteite en ‘n groot inwonertal Toeriste besoek nou wild kampe en ontspan dan by ‘n villa [Outro] Nou is jy meer ‘n deurtog na die Caprivi en Angola Jou houtsnee werk word darem in jou ope mark uitgestal

← Vorige Gedig

Rehoboth

Volgende Gedig →

Makalani Palm