Jou eerste boorgat was, vir die Dorslandtrekkers bedoel Rusplaas in die suide, jou onthou en beskeie meegevoel Die Ruacana en Epupa valle, spruit uit die Kunene rivier Jou pannetjies veld, en Steilrand berge wat hier versier [Chorus] Opuwa – die hoofdorp van ons wye Kaokoland area Jou Himba mense vertoon, hulle tradisionele leefwyse Jou woestyn olifante, en ook die beroemde Van Zyl pas Opuwa – Hier is ook nog Herero’s en Dhimba bewoners Wie het jou landskap, dan so mooitjies plat gevee Jou negosiewinkel kort nog, net ‘n trotse jagtrofee Jou witkalk pad trek hier, oral rond ‘n reguit lyn Jou boerbokke eet die hoogste blaar, so ekstrafyn Ry jy dan nooit na Cape Fria, in die Skedelkus park Sien jy erens langs die pad, darem nog ‘n vlakvark Het Sesfontein se ou Fort, nog ietsie vir ‘n lafenis Is Kamanjab en Werda, jou suide se verbintenis Hoeveel weet dat jou naam, eers Ohopoho sou heet ‘n AG die sinkplaatpad, na jou vernoem met ‘n kreet Jou ou weermaglede, jou as Opuwo sou familiaal