Omatako

Home
/
Gedigte
/
Omatako
👁 5 keer gelees

Tussen Okahandja en Otjiwarongo troon jou boude uit Een hoer as die ander en twee kilometers uit mekaar Treffende hoe kegelvormige berge van die hoogste hier rond Jou klein Omatako inselberg vier kilometers van hier gelee [Chorus] Omatako – jou boude is rerig baie mooi gevorm Omatako – jou pieke verskil honderd en vyftig meter Omatako – Jou rivier vloei nie see toe soos die ander Omatako – Jou rivier eindig noord-oos in die Okavango Jou dam is ‘n grond gevulde damwal nooit rerig voltooi Honderd kilometer noord van Okahandja uit gele So moes jy help om die Von Bach en Windhoek te voed Die duisend kilometer noorde se noodplan toe nooit voltooi [Outro] Jou berge is die hoogste in hierdie streek Omatako beteken boude in Otjiherero Partykeer maak jy van die mooiste foto’s Wanneer die wolke julle twee pieke trou DJ Botes 2013-09-14

← Vorige Gedig

Opuwo

Volgende Gedig →

Ai-Ais