Hier in die sewentigs besluit ek om eendag weg te loop ‘n Sak oor my skouer met ‘n appel en beskuit vat ek pad Vat ooswaarts koers uit Walvis verby die houtheinings Die sand word weggekeer voordat dit ons kan toewaai [Chorus] Topnaars! – By julle verruil ek boxer tabak vir Narra pitte Julle spog en vertel julle is die oudste inwoners hier rond Selfs die Boesmans en Sans het na julle hier gearriveer Topnaars! – Julle is ook bekend as die mense van die punt Jou kaptein ontvang my baie formeel en luister na my storie Vir ure speel ons sokker tot ek die son sien sak in die weste Soos blits besluit ek die beste plek in die Namib is by ons huis Die sand staan so ‘n boog soos ek rigting kies waar die son sak [Chorus] Topnaars! – By julle verruil ek boxer tabak vir Narra pitte Julle spog en vertel julle is die oudste inwoners hier rond Selfs die Boesmans en Sans het na julle hier gearriveer Topnaars! – Julle is ook bekend as die mense van die punt Gewis het ek verdwaal en skiet dadelik ‘n gebed op na Bo Stuur kamele vir redding maar toe verskyn daar donkies Dankie tog Walvis se hyskrane by die hawe verrys daar voor Reguit huis toe net voordat my vader by die huis arriveer [Outro] Stokkiesdraai het nog nooit lank geduur in ons Namib nie Veilig by die huis leer ons om familie altyd te waardeer DJ Botes 3-3-2026