Swakopmund

Home
/
Gedigte
/
Swakopmund
👁 20 keer gelees

Geen woorde kan jou Duitse argitektuur beskryf
Ons asem snak en ons gemoed wat wegdryf
Elke sewende jaar mond jou rivier by die Mole
Sierlik pryk teen jou geboue die vele simbole

Van Langstrand verby die Spitsdakke tot by Bonus mark
Word jou Brötchens, Varkore en roomys bymekaar gehark
Van Vineta verby Myl 4 tot by die beminde Wlotzka baken
Word ons Kabeljou, Steenbras en Galjoen vangste opgeteken

Verby Martin Luther tot vêr anderkant Rössing myn
Dryf jou Weskus mis en waaisand soos ‘n rolgordyn
Verby die Maanlandskap tot by Goanikontes se vallei
Vertel die dale en vore van die elemente se uitbaklei

Van Kaapkruis tot by die dodelike Skedelkus
Groei die Welwitschia oor tyd onbewus
Stop ons dan by jou unieke Jetty (Pier)
Eis jy die vakansieganger as hoofkwartier

Sal ons dan Sarah se gat ooit vergeet
Ons bulder jou naam as ‘n vreugdekreet!

D.Botes 20-7-2013
👉 Luister na die liedjie — [Kuslyn Versameling]

← Vorige Gedig

My dag by die Topnaars