Luderitzbucht

Home
/
Gedigte
/
Luderitzbucht
👁 3 keer gelees

Wie sal verseker weet hoeveel baaie daar is in jou skiereiland Van Angra punt verby Griffith en Radford tot by Agate strand Van Sturmvogel, Shearwater, Guano, Esse tot by Grosse baai Wie het gedink dat Kolmanskop is amper heeltemal toegewaai Wie sal verseker weet hoeveel eilande jou verhaal nog vertel Van Mercury, Seal en Penguin tot Shark amper halfpad getel Van Halifax, Possession, Albatross tot jou bekende Bogenfels Verby Plumpudding, Sinclair en Roastbeef deur jou omhels Drink jou wilde Duitse perde nog gereeld water by Garub Spook dit nog op Kolmanskop, Elizabeth en Pomona se stoep Broei jou pikkewyne en seevoels nog op elke eiland Wanneer gebruik jy ooit weer jou Walvis stasie as vyand Sal Rosh Pinah, Witzputz en Aus ooit deeglik kan verhaal Hoeveel diamante en kreef is al naby hulle uitgehaal Verlig jou vuurtoring oorkant nog die Diaz kruis Sien ons die Swartberge rerig van Goerke huis Mag jou pragtige en besondere ou Duitse argitektuur Van Felsen Kirche en vele ander se trotse kultuur Nog baie jare jou geskiedenis met trots bestuur Soos die son na die weste in rooi dan afstuur Mag jou reuse duine jou hawe nog vir lank beskerm Jou flaminke, meeue en pellikane nog ver uitswerm Jou vis van die Fjord, Big en Bone baai gaan koning kraai Hoe sis jou kole van vet tydens die heerlike vars gebraai Die Sper-gebiet vertel aan ons sy eie diamant verhaal Die Klinghards berge met jou ook rondom opgesaal Adolf Luderitz sou vandag by jou baie nog kon leer Kanselier Bismarck wou jou beslis ook annekseer Ludertz-bucht sal ons jou nooit ooit kan vergeet! In die Suide is jy vir ons mense ons hele planeet! Ludertzbucht – Ons harte behoort verseker aan jou! Beskermend vou ons dan nou ons arms om jou!

← Vorige Gedig

Keetmanshoop

Volgende Gedig →

Luderitzbucht – Duits