Oor riviere kon jou verskuiwende duine nog nie klim As oudste woestyn maak jou foto’s die mooiste album Halveer jou Steenbokskeerkring ander woestyne ook Vriesende koue nagte met dag temperature wat kook [Chorus] Lig oranje sand korrels gly stadig deur my hand Watter byvoeglike naam beskryf my stamland Eindelose duine wat in rye golf soos ‘n sandsee Oor tweeduisend kilometer is jy pragtig geklee Jou Welwitchia ook genoem die Ui van die Woestyn Jou Tweeblaarkanniedood na soveel jare nog piekfyn Uit die Tsauchab stroom gevorm die Maanlandskap Jou navorsing stasie by Gobabeb bedoel vir wetenskap [Chorus] Lig oranje sand korrels gly stadig deur my hand Watter byvoeglike naam beskryf my stamland Eindelose duine wat in rye golf soos ‘n sandsee Oor tweeduisend kilometer is jy pragtig geklee Jou koue stroom is daar ver by Antarktika gaan haal Jou sand by Oranjerivier vallei deur seestrome betaal Klop jou Toktokkie nog gereeld so fel vir sy verlore maat Staan hy nog op sy kop vir ‘n druppel wat werklik baat [Chorus] Lig oranje sand korrels gly stadig deur my hand Watter byvoeglike naam beskryf my stamland Eindelose duine wat in rye golf soos ‘n sandsee Oor tweeduisend kilometer is jy pragtig geklee Jou Inselberg en Kleibanke verhaal eergister se spore Jou Jakkals, Aardwolf, Bruinhiena en Leeu jou karnivore Jou Gemsbok, Springbok en Volstruis kies ‘n dorre aarde Jou Erdman en Woestyn verkleurmannetjie in parade Syfer die Kuiseb nog onder die duine by Wortel uit Gee jou Tsammas en Narras nog lewe na elke oestyd Jou Topnaars en Himba’s swerf blykbaar nog altyd rond Die Kuiseb sal uiteindelik by die strand meer uitmond Die Namib Woestyn se duine streel my hart se snaar! Die Namib Woestyn se beelde is tog onoortrefbaar! Namib! Namib! Namib Woestyn jy is my skryf fontein! Namib! Namib! Namib Woestyn jy is my droom duin!