Verseker is jy die plek waar die water jou brand
Jou warm bron hier aan die Canyon se suidekant
Ruik jou koningswater nog so sterk na swawel
Hier vind ons rus vir ons siel in elke rondawel
So skilderagtig jou rotse wat ware stories vertel
Jou oop en skoon hemel wat ons binneste herstel
Elkeen wat hier verpoos herlaai uit jou natuurprag
Met so min weerkaatsing ontplof jou sterreprag
Jou koel buite swembad lawe ons siel en liggaam
Jou warm binne swembad streel ons so tydsaam
Jou swawel dokter laat verdwyn ons rumatiek
Uit jou staproetes ontdek ons jou sagmaaktaktiek
As ons ander se mening hier rond sou vra
Antwoord almal Ai-Ais is die beste Spa
← Vorige Gedig
Omatako
Volgende Gedig →
Aranos
