Kom tot Rus

Home
/
Gedigte
/
Kom tot Rus
👁 4 keer gelees

Gedurende die negentiende eeu is die Niemandsland noord van die Oranjerivier deur die jagters, handelaars en verkenners die Trans-Orangia genoem. Hierdie uitgestrekte droe landskap met spieelbeelde van hitte en bronskleurige rotsagtige heuwels en berge wat gebak word in ondraaglike hitte lewer kleure van pers, rooi, oranje en diep blou gelouter in ‘n vuuroond wat nie beter ingekleur word as in sy unieke sonsondergange nie. Die plantegroei in hierdie deel van die wereld is van die gehardste en het die vermoe om na enige reenbui jou asem weg te slaan deur hoe vinnig dit kan herstel tot die mooiste tonele denkbaar. Die dierelewe besit die behoefte om elke waterpunt maksimaal te benut en baie diere kan langer as normaal sonder water oorleef en is aangepas asof hulle spesiaal hier geplaas is deur ons Hoerhand. In 1884 neem die Duitse Keiserryk hierdie ongerepte landskap onder sy beheer en Duits Suidwes-Afrika (DSWA) word gebore. Die Visrivier Canyon is die naasgrootste in die wereld na die Grand Canyon. ‘n Land wat ek my Heimat noem en so hard is soos Kameeldoring hout en wanneer dit onder jou vel ingekruip het deur niks vervang kan word nie. Hier kom jy tot rus!

← Vorige Gedig

Geskiedenis van Namibie

Volgende Gedig →

Niemandsland