Niemandsland

Home
/
Gedigte
/
Niemandsland
👁 4 keer gelees

Gedurende die negentiende eeu is die Niemandsland noord van die Oranjerivier deur die jagters, handelaars en verkenners die Trans-Orangia genoem. Hierdie uitgestrekte droe landskap met spieelbeelde van hitte en bronskleurige rotsagtige heuwels en berge wat gebak word in ondraaglike hitte lewer kleure van pers, rooi, oranje en diep blou gelouter in ‘n vuuroond wat nie beter ingekleur word as in sy unieke sonsondergange nie. Die plantegroei in hierdie deel van die wereld is van die gehardste en het die vermoe om na enige reenbui jou asem weg te slaan deur hoe vinnig dit kan herstel tot die mooiste tonele denkbaar. In 1884 neem die Duitse Keiserryk hierdie ongerepte landskap onder sy beheer en Duits Suidwes-Afrika (DSWA) word gebore. Die Visrivier Canyon is die naasgrootste in die wereld na die Grand Canyon. Die 1400 kilometer weskus behoort aan die koue Benguela seestroom wat mis veroorsaak en aan die Namib sy lewe gee in 4mm reen per jaar. ‘n Land wat ek my Heimat noem en so hard is soos Kameeldoring hout en wanneer dit onder jou vel ingekruip het deur niks vervang kan word nie. Hier kyk jy met jou hart en nie met jou oe nie. Hier kom jy tot rus!

← Vorige Gedig

Kom tot Rus

Volgende Gedig →

Niemandsland – Duits