In negentien tagtig, vang ons lekker vis by Walvis se Paaltjies Lekker swart soet koffie, en ‘n Oxo brotchen ons vroee ontbyt My vader gee dan sy visstok, vir my terwyl hy ook gaan ontbyt Gekookte eiers, is aan almal uitgedeel uit die biesie mandjie [Chorus] Visvang in Suidwes is altyd, vir elkeen ‘n volmaakte uitstappie Woorde sukkel ook om mis, en sout op jou gesig te verwoord Kabeljoue, Steenbras en Galjoen, is beslis vir ons koningskos Party sal hul voortande gee, vir die Atlantiese Weskus se vis ‘n Drie en twintig kilogram Kabeljou, byt toe sommer skielik vas Die gekookte eier en soet swart koffie, trek deur die mistige lug Die swart mamba kreun en steun, onder hierdie geweldige vrag Na vyftien minute brand my skouers, en voel dit of my rug af is [Chorus] Visvang in Suidwes is altyd, vir elkeen ‘n volmaakte uitstappie Woorde sukkel ook om mis, en sout op jou gesig te verwoord Kabeljoue, Steenbras en Galjoen, is beslis vir ons koningskos Party sal hul voortande gee, vir die Atlantiese Weskus se vis My vader begin my glo en kom red my, in hierdie strawwe poging Ons sien hoe die silwerglans, van die Kabeljou die branders ry Die krom mamba protester, terwyl die clutch ook al begin gly Die katrol sing ‘n deuntjie, soortgelyk aan ‘n kanarie se lied [Chorus] Visvang in Suidwes is altyd, vir elkeen ‘n volmaakte uitstappie Woorde sukkel ook om mis, en sout op jou gesig te verwoord Kabeljoue, Steenbras en Galjoen, is beslis vir ons koningskos Party sal hul voortande gee, vir die Atlantiese Weskus se vis Uiteindelik trek my vader, hierdie groot silwer Kabeljou dan uit Tot die honde hardloop weg, vir hierdie Weskus se reuse knewel Twee etes vir agt mense gelewer, met ‘n kop groter as ‘n bord Vandag verlang ons na daardie jare, se gereelde konings dis [Outro] Gee vir my asseblief vandag, weer ‘n stukkie Weskus Kabeljou Sodat my kwota Omega drie, vis olie heeltemal kan oorloop DJ Botes 2013-05-03