Otjiwarongo

Home
/
Gedigte
/
Otjiwarongo
👁 4 keer gelees

Hier omtrent in die middel van nerens verras jy almal Dit is die plek van die vet beeste of ook mooi plek In agtien een en negentig ontstaan jy rondom die Rynse Sendingstasie en ook later ‘n Duitse garnisoen gehuisves Die smalspoor van Swakopmund in negentien sewe bring nuwe lewe en aansporing tot jou ontwikkeling Ook kom daar van Humpata se terugkerende Boere Ou Dorslandtrekkers wat hulle beloofde land verloor Jou antieke stoomlokomotief nommer een en veertig Staan nou voor die stasie en waghou oor die skougronde Van Duitsland gebring om erts van Tsumeb te vervoer Verby Kranzberg tot by Swakopmund se Otavi-Bahnhof Die Waterberge jou buurman en jou beesvleis proe pure man Jou wildplase en boere ‘n geharde spesie en ‘n eie nasie ‘n Kleuterskool en ‘n boom verhaal ‘n storie vol stoom Tussen Duitse en Herero geure wys jy die mooiste kleure Hier woon tans een van my beste en ondeunde vriende Hier staan ons ou spoorweg huis en buite toilet nog steeds Ook die koshuis waar ouma Bettie ure om moes swoeg Oom Eli Nel rus ook al jare en mag ons hom nie vergeet ‘n Aangename plek doer erens in ons mooie ou Suidwes. Otjiwarongo – jou mense is vasbyters en aanhouers beslis! Otjiwarongo – staan vas in geloof en wys ons ander die weg!

← Vorige Gedig

Die Kabeljou van Paaltjies

Volgende Gedig →

Otjiwarongo – Duits