Jou Duitse naam Hoe Veld, beskryf jou ook as spesiaal Noordoos van Okahandja, pronk jy met volle potensiaal Omring deur ons Heimat, se beste bosveld plantegroei Met volop wild en vee, wat jou grasvlaktes skoon afsnoei Hochfeld hier by jou ervaar mens, nog die egte Suidwes plaaslewe Die stilte wat jou ore seermaak, en jou sig gevul met ons wildslewe Hier kan ons die vuur hoor knetter, rondom gemsbokke en kudus Keuses soos die Waterberg en Gobabis, jou bure so naby en knoes Jou helder sterre is ryp en naby om saans per hand net te pluk Hier word die stads rumoer en gejaag sommer gou-gou ingesluk Jou dertig jarige braai kompetisie is al lank ‘n trotse tradisie Die beste voerkraal beeste word aangebied op jou vendusie Jou eerste sewe honderd Olyfbome is in die negentigs hier geplant Nou lewer sowat sesduisend Olyfbome by tot jou nuwe variant Jou vrugbare gras lok selfs rondloper olifante vanuit die Noorde Jou plaas en wild lewe tel onder die beste hier nog ongestoord