,

Asab

Home
/
Gedigte
/
Asab
👁 9 keer gelees

Hier by jou in die Suide is amper heeltemal niks

Wat was nuut by jou as jy beteken ‘nuwe ding’

In jou Hotel waar niemand nou in die aande sing

Jou Asab rivier is droër as droog en loop nouliks

Eens met ‘n Spoorweg stasie en ‘n besige tak

Waar my pa ook jou possak betyds moes aflaai

Net twee briewe vir die mense van Jakkalsdraai

‘Jou broek hang so pap soos Asab se possak”

Halfpad tussen Mariental en Keetmanshoop

Mukurob val in 1988 net 23 kilo’s oos van jou

Gibeon se meteoriet reën wat ook by jou skou

Wat het dan hier gebeur in jou lewens verloop

Petrol stasie, Handelaar en Hotel in ‘Spook Vallei’

Teen die verre kim troon die plato van Weissrand

Groendoring probeer lewe blaas maar het gestrand

Sy Gemeenskap, Skool en Kerk word ook nog kasty

Asab wat gaan dan tog nou van jou word

Jou meeste inwoners is ook al lankal vort

← Vorige Gedig

Helmeringhausen – Duits

Volgende Gedig →

Hochfeld