Hentiesbaai

Home
/
Gedigte
/
Hentiesbaai
👁 3 keer gelees

In veertien agt en tagtig ontdek, Bartolomee-as Dias jou Van eers Praai das Sad-hienas, heet jy nou die Kus van Vis Geen strand of baai wat ons ken, lewer meer vis as jou kus In visvang tye loop jou gewilde Galjoen, Steenbra en Kabeljou Hentiesbaai! Daar is op hierdie aarde geen beter visvang plek! Hentiesbaai! Desember is jy die bestemming van die groot trek! In agtien ses en tagtig ontdek die Schutz troeppe, jou fontein Uit die Omaroeroe rivier se delta voorsien jy ons, met afvloei-water Hentie van der Merwe soek in negentien nege en twintig, na vars water Vandag vind ons jou fontein verfraai by die gholf-baan, se negende put Selfs in negentien sestig word daar bietjie diamante, by jou ontdek Jou Noord en Suid duin verdeel jou dorp met elke, interessante huis Jou besondere naam-borde by elke huis bring glimlagte, by ons tuis Jou rivier-mond se Vallei na die see, is ook nog ‘n ideale broei-plek Jou Galg hou al baie jare jou dorp en strande, steeds silwer-skoon Jou vars groente tuin hier leewer vir almal, ook meer as genoeg Jou sout pad se gips bly klam van die Atlantiese mis, vroeg-dag Jy word deur almal as die beste vakansie, bestemming gekroon

← Vorige Gedig

Marzipan

Volgende Gedig →

Leonardville