Dordabis

Home
/
Gedigte
/
Dordabis
👁 4 keer gelees

Jou tagtig kilometer teerpad le suid van Kapps Farm en Windhoek As gehuggie verhaal dit skaars jou vulstasie Kliniek en Wewery Jou Skaap rivier aan die westekant se droe loop ook so naby Sedert negentien twee en vyftig spin jou Karakoel wol hier uitgesoek Jou Boere gemeenskap se plase hou jou weliswaar aan die lewe Armoede is aan die orde van die dag want hier is min permanente werk Jou gasteplase grens hier aan die uitgestrekte Kalahari so knap Jou wild spesies sluit in elke bekende bok in ons uitgestrekte land Kom geniet die plattelandse atmosfeer met onvergeetlike indrukke Kom neem deel aan die daaglikse lewe van n stoere Namibiese boer Ontdek die veld en die dier en sluit af rondom n knetterende kampvuur Terwyl jy na n pragtige sonsondergang oor die Kalahari-duine staar. Dordabis n klein dorpie in n pragtige vallei bedek met hoe akasiabome D.Botes 22-12-2013

← Vorige Gedig

Damaraland

Volgende Gedig →

Duwisib Kasteel