Etosha

Home
/
Gedigte
/
Etosha
👁 6 keer gelees

Jou droë plat wit sout aangepakte aarde wat glinster Jou sporadiese warrelwinde wat spiraal tot by eergister Jou lugspieëlings skep die eeu oue Groot Wit Plek Jou driehonderd by eenhonderd kilometer so onbevlek Jou onderstebo Moringa woud die enigste in die heelal Jou Makalani, Mopani en Marula bome in duisendtal Jou Tambotie, Wildevy en Akasia bome tot by dadels Jou grasvlaktes en watergate wat rondomtalie wals Jou Groot Vyf word hier oorskry deur diere ontelbaar Jou kleine Damara dik-dik ook altyd hier verkrygbaar Jou Flaminke stap nog na die verre Atlanties onbereik Jou drome verdamp nes jy na jou spieëlbeelde uitreik Jou herboude Namutoni Fort ook as ‘Beau Geste’ bekend Jou Halali tot bo in Okaukuejo se toring so hoog bevrydend Jou Von Lindquist en Anderson hekke as formele ingang Jou ontstaan dalk die noordelike Kunene se oue uitgang Jou wildpark is een van die wêreld se grootstes en jou roem Jou besondersheid sal ons ook oral met geskal beslis benoem Jou wit ‘Panne’ in volksmond sal ons nog vir vele jare bekoor Jou stilte, diere en geluide sal ons siele verkwik en aanspoor! Etosha panne – Ons verlange – Ons akkoorde – Ons ballade – Ons passie – Ons ode – Etosha panne!

← Vorige Gedig

Luderitzbucht – Duits

Volgende Gedig →

Otavi