Grensoorlog

Home
/
Gedigte
/
Grensoorlog
👁 4 keer gelees

Netjiese geplooide Browns vertoon aan jong kaalkop seuns Duur vryheid sommer so weggegee deur verraad en leuens Een duisend sewe honderd een en negentig lewens verloor In 1966 word die eerste skote in Omugulugwombashe gehoor Die Recces, 44 Valskerm Brigade en 32 Bataljon word gebore Oshikango bevestig SWAPO, MPLA, FNLA en UNITA is ex tempore Eerste terroriste aanval in Suidwes gebeur op die plaas Maroelaboom Koevoet opereer uit Polisie geledere en doen hul deel onbeskroom Operasie Savannah uit Suidwes en Operasie Carlota uit Angola Een en veertig operasies en met die Slag van Cuito word getjaila Untag jaag in wit voertuie soos opgeleide hansworse rond Onttrekking van hardebaarde uit Suidwes se dure grond ‘n Bosoorlog deur bitter min mense rêrig verstaan Vandag is daar nog minder wat hierby wil stilstaan Hang af aan watter kant van die skeidslyn jy staan Het beide lande toe daarna vorentoe of agteruit gegaan?

← Vorige Gedig

Ameib

Volgende Gedig →

Echoes of the Bush War